Kyk gerus na die video hierbo om te sien hoe die basislyn assesserings en die Back to Basics programme by mekaar inskakel en mekaar aanvul, en ook wat presies die Back to Basics program uniek maak in 'n wêreld gewoond aan ekstra klasse een keer per week.
Ope brief aan ouers met kinders op skool
Almal van ons weet dat die Lockdown in 2020 'n impak op die kinders se akademie gehad het. Niemand sal dit betwis nie. Maar presies hoeveel, het ons gedink sal eers met tyd duidelik word.
Ons het dit egter in die eerste 6 maande van 2021 al beleef, en dit is, om die minste te sê, skrikwekkend! Laat geen ouer sê hulle het nie hiervan geweet nie, want dit word nou vir jou duidelik uitgespeel!
Die fondasies is net nie daar nie, die algemene begrippe skiet te kort en tegnieke word verkeerd toegepas, as dit ooit in die eerste plek onthou word! Dit is asof daar geen langtermyn geheue en momentum is vir die boublokke wat nodig is om te vorder van een tema na 'n volgende nie. Ons sidder om te dink aan wat gaan gebeur in die volgende jare, wanneer daar van een Graad na 'n ander beweeg word.
Dit is nodig dat iemand hierdie hardop en reguit sê: "Die dae van een-keer-per-week ekstra klasse is verby. Daar is net geen manier wat die gemiddelde kind op skool met een klas per week die agterstande gaan inhaal nie. Dit is tyd om anders te dink oor ekstra Wiskunde hulp."
Is dit die Onderwysers se probleem? Nee. Onderwysers het 'n taak om te verrig, en daardie taak is om nuwe kennis oor te dra. Daarvoor het hulle partymaal minder as een minuut per kind in die oggende. Hulle kan onmoontlik nie elke leerder se bemeestering van die tegnieke EN die variasies daarop monitor nie. Die gapende tekortskiet van hulp aan die kinders kom eers werklik aan die lig wanneer hulle huiswerk doen. Laat jou kind gerus enige van ons gratis Basislyn Assesserings doen en kyk self!
Wie monitor hulle? Wie help hulle? Wie kyk na elke stap van elke vraag? Wie beantwoord hulle vrae en bemoedig hulle as hulle nie meer weet hoe om verder vorentoe te gaan nie?
As jy ernstig is oor jou kind se toekoms, en ons almal weet dat Wiskunde belangrik is, dan sal jy begin uitkyk vir bronne en dienste wat jou kind elke dag sal help, nie net een keer per week nie. Die MATHmechanic bied só 'n diens aan, maar jy hoef nie by ons in te skryf nie, kry dan net iemand anders wat jou kind elke dag kan help. Die berg is hoog en die afstand om te loop, ver. Min kinders gaan dit op hulle eie stoom regkry - Wiskunde is nou maar een maal 'n boelie en jou kind gaan swaar kry.
Vra jouself die volgende vraag: Is een ekstra klas per week al wat my kind nodig het, of eerder iemand wat kan help om vrae te beantwoord? Die geheim van sukses in Wiskunde lê tog in vrae vra!