MyTV is 'n Afrikaanse Satelliet TV stasie, wat uitsaai op StarSat.

Hulle het ook 'n diens soortgelyk aan "Netflix", waar programme aanlyn gekyk kan word op www.mytv.co.za. Nie net dit nie, egter.....hulle het ook die fasiliteit om programme regstreeks (lewendig) van die webstuiste af uit te saai.

Dit is hierdie fasiliteit wat die MATHmechanic die voorreg het om te gebruik, en waar ons elke week op Donderdag 'n program met die naam "In die visier" uitsaai. Elke week is 'n skoolleerder 'n gas op die program, en 'n onderwerp of vraag van hulle keuse word dan "in die visier" gesit vir bespreking en onderrig.


Skakel in op https://www.mytv.co.za/my-skool op Donderdae 18h00.