Is daar enige kostes?

Die MATHmechanic se "15 Minutes Math" behels die basislyn toetse wat beskikbaar gestel word. Hierdie toetse is gratis om te doen, met die voorwaarde dat 'n leerder eers 100% moet behaal vir 'n toets voordat 'n inskrywing vir 'n volgende toets gedoen sal word.

Die rede vir hierdie vereiste is dat die leerders aangemoedig moet word om vrae te vra, en indien volpunte nie behaal is nie is daar uiteraard nog vrae wat nie gevra is nie, en begrippe wat nog nie in plek is nie.

Die leerder kan enige iemand vra vir hulp, maar indien die hulp van die MATHmechanic
benodig word, sal 'n inskrywing
gemaak moet word.