Ons het 'n databasis van video-memorandums van tipiese (en somtyds vreemde) vrae wat strek van Graad 4 tot Graad 12. Hierdie databasis is sˇ groot  dat dit gewoonlik moeilik is om te kry waarvoor jy soek, en dan is dit ook partymaal moeilik om te weet waarvoor om te soek.......
Razor Maths is 'n pdf-verpakte lys van JumpCodes, ge´ndekseer vir jou volgens die verskeie Onderwerpe soos jy dit ken. Nou kan jy doodeenvoudig na die afdeling in die dokument gaan vir "Breuke" en 'n volledige lys sien van al die JumpCodes wat op een-of-ander manier iets te doen het met breuke, gekoppel aan die spesifieke grade waarvoor jy gesoek het.
Kliek hieronder om 'n voorbeelde te sien van 5 tipiese vrae waarvoor ons vir jou video-memorandums verskaf

Graad 4         Graad 5         Graad 6
Wat gebeur as jy nog steeds nie kan kry waarvoor jy soek nie? Stuur net vir ons 'n ePos met jou vraag en dan maak ons 'n opname daarvan vir jou!
Bo-en-behalwe dit, gaan ons ook
  • die pdf-dokument gereeld opdateer!

  • Weeklikse werkkaarte met vrae verskaf

  • Jou 'n kwartaallikse Basislyn Assessering gee